HOME | DD

Grotesque46 — Vampier
Published: 2007-11-27 18:59:19 +0000 UTC; Views: 154; Favourites: 1; Downloads: 1
Redirect to original
Description dreineer net alles uit my uit
dat niks behalwe ‘n leë gat
in plek van my hart oorbly nie
dat net skuldgevoelens
deur my are kan vloei

suig elke druppel van bloed
uit my moeë nek uit
dat ek nooit weer sal
‘n besluit kan maak nie
dat ek verewig jou skadu
my tuiste sal noem

maak my jou offergawe
lê my neer op jou brandstapel
en ver(r)as my met jou toegewydheid
aan al jou sogenaamde gode
ver(r)as my met jou toegesluitheid
teen allles buite jou realiteit
alles buite jou raamwerk

stuur my na die son
met vlerke van was
en geen keuse

jou reaksie
        is
my ver(r)assing
Related content
Comments: 7

AlienationZombie [2008-05-14 14:49:57 +0000 UTC]


Masterpiece!
Dit is al wat ek kan se!

👍: 0 ⏩: 1

Grotesque46 In reply to AlienationZombie [2008-05-24 11:55:40 +0000 UTC]

baie baie dankie!!!

👍: 0 ⏩: 1

AlienationZombie In reply to Grotesque46 [2008-05-27 14:11:25 +0000 UTC]

Wanneer bind jy 'n dig bundel?!
Ek sal dit defintief koop, solank hierdie gedig daarin verskyn!
(Okay, miskien selfs al verskyn van die ander wat ek ge het...)
Jy het 'n ware talent, en ek hoop julle dra dit oor in julle musiek...
Jy het reeds die woorde, sit net 'n wysie daarby.
Ek sien 'n legend in the making...

👍: 0 ⏩: 1

Grotesque46 In reply to AlienationZombie [2008-05-27 19:23:06 +0000 UTC]

wowee.... baie dankie!!!! dis baie gaaf van jou om te sê. ek wil al eintlik lankal 'n digbundel saamstel -by die naam (w)hole- maar die probleem is om 'n uitgewer te vind wat bereid is om dit uit te gee

👍: 0 ⏩: 1

AlienationZombie In reply to Grotesque46 [2008-05-28 14:39:57 +0000 UTC]

Dis waar...
Die lewe is mos 10 keer harder hier in lekker ou SA...
Miskien moet ek 'n balaklawa kry, dan hou ons hulle by gunpoint!
SA style!

👍: 0 ⏩: 1

Grotesque46 In reply to AlienationZombie [2008-06-09 05:12:55 +0000 UTC]

JA!!! en ek sal 'n tyre en 'n kannetjie petrol bring!

👍: 0 ⏩: 1

AlienationZombie In reply to Grotesque46 [2008-06-10 15:08:37 +0000 UTC]

hehehe
petrol is fokken duur!

👍: 0 ⏩: 0